by Christian Frederik Louis Leipoldt, Dr. (1880 - 1947)
Op my ou ramkiekie
Language: Afrikaans
Available translation(s): ENG
Op my ou ramkiekie met nog net een snaar speel ek in die maanskyn deurmekaar As die maan my aanhoor en die sterre knik dan speel ek kordaat voort in my skik Wat gee ek om mense wat sê ek's mal as die varings my aanhoor by die wal? Wat om my vrinde wat nooit nie verstaan as die sterre my toeknik en die maan? Op my ou ramkiekie met nog net een snaar speel ek in die maanskyn deurmekaar
Authorship:
- by Christian Frederik Louis Leipoldt, Dr. (1880 - 1947) [author's text not yet checked against a primary source]
Musical settings (art songs, Lieder, mélodies, (etc.), choral pieces, and other vocal works set to this text), listed by composer (not necessarily exhaustive):
- by Jan Bouws (1902 - 1978), "Op my ou ramkiekie" [text verified 1 time]
Available translations, adaptations, and transliterations (if applicable):
- ENG English (Anne Evans) , title 1: "On my old guitar", copyright © 2013, (re)printed on this website with kind permission
Researcher for this page: Anne Evans
This text was added to the website: 2009-10-07
Line count: 10
Word count: 80